Kry Duitsland sitting in Veiligheidsraad?

Mededinging vind plaas tussen België en Duitsland om die sitplek in te neem in die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad nadat Israel hom onttrek het.

Die wedywering om die vyftiende sitplek te bekom is egter nie ’n permanente posisie nie, en roteer gewoonlik tussen verskillend lande.

Dit volg nadat Israel in ’n verklaring van verlede Vrydag gesê het die Israelse staat het besluit om nie langer in die Veiligheidsraad t dien nie, maar het die besluit eers geneem nadat gekonsulteer is met state wat sy bondgenote is.

Die onttrekking van Israel laat Duitsland en België as opvolgers om die plek in te neem wat deur ’n land beset mag word uit Westerse geledere.

Duitsland het vroeg reeds inligting bekom dat Israel gaan onttrek, en het homself daarna beskikbaar gestel as moontlike verteenwoordiger.

Kenners sê Israel het onttrek omdat hy geweet het die ander twee lande het ’n beter kans om die wedloop te wen, en het daarom betyds besluit om eerder te onttrek.