Kragonderbrekings weer moontlik

Die aantal kragstasies wat ‘n tekort aan steenkool beleef, het van sewe tot ses verminder maar daar heers steeds kommer dat hierdie tekort Eskom se produksie nadelig kan raak.

Met die komende wintermaande en verhoogde aanvraag van elektrisiteit, is die kragvoorsiener ernstig op soek na nuwe voorsieners van steenkool.

Dit volg na die Gupta-beheerde Tegeta steenkoolmyn se korrupsie skandaal, en verder is daar gerugte dat Eskom huidige verskaffers nie betyds kan betaal nie.

Die entiteit het verbruikers “verseker” dat daar nie weer kragonderbrekings sal wees nie maar dit blyk steeds ‘n moontlikheid met die wanbestuur en korrupsie wat Eskom voortdurend verlam.