Koreaanse leiers ontmoet mekaar weer

Suid-Korea se president, Moon Jae-in, en die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong-Un het ’n blits ontmoeting gehad die afgelope naweek om die gevaar van ’n kansellasie van die Singapoer ontmoeting te bespreek.

Die Suid-Koreaanse president het later aan die media gesê die leier van Noord-Korea is vasbeslote om alles moontlik te doen om te verseker dat die ontmoeting op 12 Junie wel met president Donald Trump in Singapoer sal plaasvind.

President Moon sê Kim Jong-Un het weereens onderneem om Noord-Korea algeheel te ontlaai van kernkrag wapens en wil seker maak dat die gesprek met Amerika sal plaasvind.

Kim Jong-Un het glo gesê dit is belangrik dat die ontmoeting plaasvind en ’n ooreenkoms bereik word wat die hele skiereiland sal bevry van kernwapens.

President Trump het vroeër die naweek gesê hy hoop die gesprek kan plaasvind, en dat ’n sinvolle ooreenkoms bereik word, al is dit nie met die eerste gesprek tussen die twee lande nie.