Kommunis premier van Wes-Transvaal?

Cyril Ramaphosa se ondersteuners het met voorstelle gekom vir ‘n nuwe premier in Noordwes nadat die ANC se ringkoppe die drie genomineerde kandidate afgekeur het.

Madoda Sambatha, die SAKP se provinsiale sekretaris, is die huidige voorloper met Philemon Mapulane en Mmoloki Cwaile as ander kandidate.

Dit wys weer eens die noue bande wat Ramaphosa het met die SA Kommunistiese Party, maar dan word hy gesien as die man wat SA kan red.