Katalonië kry splinternuwe streekskabinet

Die nuut verkose minister-president van die Spaanse deelstaat Katalonië, Quim Torra, het pas sy nuwe kabinet bekendgemaak en hy het geeneen van die vorige ministers wat tans in aanhouding is, ingesluit nie.

Met dié optrede het die president klaarblyklik gepoog om die tussentydse regering van Spanje te beëindig sodat die gebied weer soos in die verlede, sy funksie volgens die bepalings van die Spaanse Grondwet kan uitvoer.

Sedert die regering van Spanje ingegryp het om beheer oor te neem van die deelstaat, moes verskeie voormalige ministers en die president, Carles Puigdemont, die wyk neem en woon tans buite Spaanse gebied.

Die minister-president, Quim Torra, het sy handelinge aangepas nadat die Spaanse premier, Mariano Rajoy, hom skriftelik vermaan het om binne die bepalings van die grondwet op te tree, en daarvolgens sy streek se ministers aanstel.

Separatiste het egter die afgelope naweek weer in hulle derduisende saamgedrom in ’n optog in Barcelona waartydens hernude eise gestel is dat die aangehoude leiers vrygelaat moet word uit Spaanse tronke.

Foto – President Quim Torra