Jerusalem word die kruitvat

Die verkiesingsbelofte van president Donald Trump het hy nagekom toe hy die Amerikaanse ambassade van Tel Aviv na Jerusalem verskuif het om daarmee erkenning te gee dat Jerusalem die Israelse hoofstad is.

Met die verskuiwing het verskeie ander lande die VSA se voorbeeld gevolg, maar dit het tot hewige onrus gelei, en uiteindelik het die Israelse weermag sestig klipgooiers van Palestina doodgeskiet en is meer as 2 500 gewond of beseer.

Suid-Afrika het hom openlik geskaar by die Palestyne en sy ambassadeur teruggeroep  terwyl die ambassade afgegradeer is na ’n waarnemers kantoor.

Die optrede het die Trump-administrasie se ontevredenheid met die ANC bewind verder verhoog, en kan dit lei tot die inperking om nie verdere finansiële hulp aan Suid-Afrika te bied nie.

Intussen het die Ramaphosa-regime hom ook openlik geskaar by die Iran regering en daarmee die VSA se geduld verder op die proef gestel.