Jakkals prys sy eie stert

Die ANC staatshoof Cyril Ramaphosa slaan homself baie hoog aan.

Tydens ‘n onderhoud met RSG het hy homself beoordeel op 8 uit 10 na sy eerste 100 dae as president.

Terwyl hy ook gesê het dat die land ‘n beleggersvriendelike beleid nodig het om die ekonomie te laat groei, wys ekonome daarop dat hy juis die teenoorgestelde doen met sy dreigemente van grondonteiening sonder vergoeding, en die beleid van swart bemagtiging, wat niks met kundigheid of vaardighede te doen het nie.

Hy het ook gesê dat boere nie bang moet wees vir grondhervorming nie, maar eerder moet saamwerk om dit te laat werk. Landbouleiers is daarmee egter geensins gerusgestel nie.