Italië Vyfster weier regse aanbod

Die konserwatiewe Vyfster Beweging, wat in die afgelope Italiaanse verkiesing die meeste stemme gekry het, weier om met die nasionalistiese Liga saam te regeer in ’n koalisie.

Die Liga het, wat hulle beskou as die “laaste aanbod” om saam te werk, voorgelê aan Vyfster, maar die beweging wil geen verbintenis aangaan met die omstrede Liga leiers nie.

Die Vyfster leier, Luigi Di Maio, het in ’n verklaring gesê dat hy eerder terugkeer na die stembus vir ’n opvolg verkiesing maar sal nie ’n koalisie met die Liga aangaan nie.

Luigi Di Maio het ’n “finale aanbod” tot samewerking van die Liga ontvang, maar het dit summier van die hand gewys en gesê as die ooreenkoms nie gesluit kan word met die gematigde partye nie, daar eerder teruggekeer moet word na die stembus.

Vyfster se 32-jarige leier het almal verbaas toe sy party die grootste steun gekry het in die afgelope verkiesing, en het deurgaans gesê dat daar geen moontlikheid is dat hy in ’n koalisie sal gaan met die nasionalistiese Liga nie.

Foto – Luigi Di Maio