Italië poog steeds om koalisie te vorm

Italiaanse kiesers vra waarom duur die onderhandelingsgesprekke tussen die konserwatiewe Vyf Ster Beweging (M5S) en die Demokratiese Party (DP) so lank en wat maak dit anders as vorige koalisie gesprekke.

Die onderhandelings tussen die twee partye het verlede week begin, maar of daar ’n positiewe resultaat bereik sal word, sal later gesien word omdat die verskille tussen die twee partye sodanig is dat dit eers uitgestryk moet word.

Die M5S is die party wat die grootste aantal stemme getrek het, en is deur die Italiaanse president aangesê om ’n regering saam te stel. Maar die eerste rondte met die Liga wat sterk nasionalistiese beginsels het, was ’n mislukking.

Luigi Di Maio, die leier van die M5S, het tydens die verkiesingsveldtog gesê hy sal verkies om met die Demokratiese Party hande te vat in ’n koalisieregering.