Italië kry nasionalistiese regering

Die Vyfster Beweging van Italië het op die laaste nippertjie ingestem tot ’n moontlike koalisieregering met die nasionalistiese Liga waarmee hy aanvanklik nie wou saamwerk nie.

Silvio Berlusconi van die Vyfster Beweging, wie se party die meeste steun gekry het in die verkiesing, het vroeër gesê hy sal eerder terugkeer na die stembus as om met die Liga in ’n koalisie te gaan.

Sy samesprekings met ander partye was egter nie geslaagd nie, en druk van die Italiaanse president om ’n regering saam te stel, het hom genoodsaak om met die leiers van die liga in gesprek te tree.

Beide partye is egter deel van die Regse Sentrum wat samewerking kan bevorder, alhoewel daar groot verskille in benadering tot die Italiaanse politiek is tussen die twee partye.

President Sergio Mattarella het gesê die tyd om ’n finale regering saam te stel, het uitgeloop en verwag verantwoordelike optrede sodat Italië behoorlik bestuur kan word.

Foto –  Liga-voorsitter Matteo Salvini (L) en Vyfster leier  Berlusconi