Italianers kry nuwe, onbekende premier

Giuseppe Conte is deur die konserwatiewes en die nasionaliste in Italië se nuwe koalisieregering gekies om as eerste minister van die land te regeer.

Die keuse kan lei tot ’n referendum en uiteindelike onttrekking uit die Europese Unie in navolging van die Britte se uittrede.

Die 54-jarige professor is deur die Vyfster Beweging se leier, Luigi Di Maio, genomineer om die land te regeer, maar opposisieleiers sê die professor het geen politieke agtergrond nie en sal die land in chaos laat beland.

Politieke ontleders sê egter die feit dat die wêreld se grootste land, Amerika ook ’n president het wat geen vorige politieke ondervinding gehad het nie, ’n bewys is dat dit nie ’n vereiste is nie.

Giuseppe Conte is ’n sterk ondersteuner van die nasionalistiese Liga en sal waarskynlik so spoedig moontlik ’n referendum hou oor lidmaatskap van die Europese Unie.

Foto – Giuseppe Conte