Irak verkiesing lewer geen verrassing

In die pas afgelope verkiesing in Irak het die opponent van die regerende koalisie die meerderheid stemme gekry, en sal Muqtada Al-Sadr met sy 54 setels poog om voldoende steun te kry uit ander partye om ’n nuwe koalisie te vorm

Van die 329 setels in die parlement, het Hadi Al-Amiri met 47 setels die tweede meeste stemme getrek.

Die regerende Haidar Al-Abadi kon slegs die derde plek inneem met 42 setels, maar sal waarskynlik ook probeer om ’n koalisie saam te trek.

Dit kan egter maande duur voor Irak ’n amptelike aankondiging sal maak oor wie die nuwe regeerders is, maar dit is duidelik dat Irak weer ’n koalisieregering sal kry.

Foto – Muqtada Al-Sadr