Iemand peuter met osoonlaag

Wetenskaplikes beweer dat iemand, of dit ’n regeringsinstelling is, of ’n privaat instansie is, vervaardig verbode stowwe wat ’n ernstige en nadelige invloed uitoefen op die osoonlaag.

Die osoonlaag word glo aangetas deur ’n stof wat vervaardig word en afkomstig is uit die Oos-Asiatiese gebiede.

Die gas wat iewers onwettig vervaardig word, het reeds ’n nadelige uitwerking getoon op die osoonstelsel en word aangedui as CFK-11 gas wat behoort tot die chloorfluoorkoolstof verbinding.

Die gas word gewoonlik in yskaste, vrieskaste, lugreëlings en spuitkanne gebruik, en is jare gelede al as verbode stof verklaar deur die Verenigde Nasies.

Dit is bekend dat die gas die osoon aantas en gevolglik lei tot ernstige klimaatsveranderings.

Sowat twee jaar gelede is gerapporteer dat die gat in die osoonlaag besig is om kleiner te word, maar met die huidige vervaardiging van die onwettige gas, is dit weer aan die groter word.

Sedert 2006 is ’n wêreldwye verbod geplaas op die produseer van chloorfluoorkoolstof wat bekendstaan as CFK-11 gas.