Hospitaal in chaos

Kankerpasiënte was van diegene wat in ‘n hospitaal in Natal op die vloere moes slaap.

Die toestand van die Church of Scotland Hospitaal was skokkend, volgens die LUR van Natal, Sibongiseni Dhlomo, tydens ‘n blitsbesoek aan die hospitaal.

Die hospitaal was voorheen uitgewys weens swak beheer en haglike toestande maar klaarblyklik het dit op dowe ore geval.