Hoof van personeel op “spesiale” verlof

Die Stad van Tshwane, wat Pretoria beheer, het hul hoof van personeel op spesiale verlof geplaas terwyl haar aansoek en kwalifikasies nagegaan word.

Sy “verdien” R1,2 miljoen jaarliks en nou ontstaan daar vrae oor haar kwalifikasies.

Die burgemeester, Solly Msimanga, ontken enige betrokkenheid met haar aanstelling alhoewel daar glo ‘n verslag is wat aantoon dat hy deel was van die onderhoud paneel.