Hogan Lovells mag geredigeerde verslag vrystel

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het aan die regsfirma Hogan Lovells toestemming gegee om die verslag oor SAID se vorige hoof van besigheid en belasting,   Jonas Makwakwa, vry te stel.

Die firma het onderneem om ‘n “geredigeerde” weergawe van die verslag aan die publiek vry te stel. Hoekom dit ‘n geredigeerde verslag is, word egter nie gemeld nie.

Makwakwa is na sy “onskuldig” bevinding weer aangestel by SAID maar het kort daarna bedank met hangende beskuldigings van onbehoorlike gedrag teen hom.

Hogan Lovells is klaarblyklik nie getaak om die betalings  wat deur Makwkwa en Elskie ontvang het te ondersoek nie en wil hul optrede dus so regverdig dat hul nie meegehelp  in die staatskaping nie.

Dit blyk dat die maklike manier is om te bedank uit jou werk om sodoende bedank te word vir jou werk en dan ‘n goue bedankings handdruk te ontvang, meen ontleders.