Henry van Breda skuldig

Na 68 dae in die hof is Henry van Breda skuldig bevind op drie klagtes van moord en een klagte van poging tot moord.

Die regter het bevind dat Van Breda beide sy ouers en ouer broer met ‘n byl dood gekap het.  Sy jonger suster het met ernstige wonde die tragiese voorval oorleef.

Van Breda se verweer was dat inbrekers met ‘n byl die huis binnegekom het en sy familie dood gekap het. Hy was blykbaar in ‘n toestand van skok en het eers heelwat later hulp ontbied het.  Die regter het die verdediging se weergawe verwerp.