Hawai vulkaan word vreesaanjaend

Massas rooiwarm lawa het in Hawai teen die vulkaan se hange afgeloop en begin spoel in een van die strate wat tientalle woonhuise vernietig het.

Die afgelope naweek het die lawa kilometers hoog die lug ingetrek om uiteindelik ’n lawa rivier te vorm wat alles vernietig sovêr dit vloei.

Hardnekkige inwoners wat geweier het om die terrein te verlaat, is deur die owerheid weggeneem ter wille van hulle veiligheid.

Meer as 80 woonhuise en ook ander geboue is reeds vernietig op die Groot Eiland van Hawai, en die moontlikheid bestaan dat nog baie geboue en ander eiendom in die slag sal bly met die uitbarstings wat tans heers.

Volgens die owerheid in Hawai is sowat eenduisend hektaar grond reeds deur die lawa beskadig, en die uitbarsting is die ergste van die afgelope 100 jaar.

Binne die bestek van 12 uur is 8 woonhuise vernietig, en die vrees bestaan dat die skade nog groter sal word.