Grondvat kan lei tot oorlog

As daar in die parlement ‘n meerderheidsbesluit geneem kan word om grond sonder vergoeding te onteien, kan dit lei tot oorlog. Hy het ook gewaarsku dat bloed kan vloei as daar in die volgende verkiesing vir roekelose mense gestem gaan word.

Die waarskuwing kom van Terror Lekota, leier van Cope wat homself in wese steeds as ‘n ANC beskou.

Lekota sê blankes is nodig as lektore en onderwysers wat hulle mede swart Suid-Afrikaners sal leer hoe om grond ten beste te benut wat deur die grondherverdelingsproses aan hulle toegedeel word. Hy sê die destydse apartheidsregering het seker gemaak dat witmense opgevoed word, en hulle kundigheid is noodsaaklik.