Grondberaad ontaard in chaos

‘n Seminaar oor Artikels 25 en 36 van die Suid-Afrikaanse Grondwet by Unisa, het in wanorde en geweld uiteen gegaan nadat die EFF sy parlementêre geweldsmetode daar gaan uithaal het.

Politieke partye, navorsers en akademici het die beraad bygewoon, terwyl georganiseerde landbou nie teenwoordig was nie omdat hulle skynbaar nie uitgenooi is nie.

Ene prof. Tshepo Lepakga, wat skynbaar die seminaar aangebied het, sê dit neem die regering te lank om die grondkwessie op te los. Die leier van Cope, Mosiuoa Lekota, sê daar is niks fout met Suid-Afrika se Grondwet betreffende grond nie.

Nadat ‘n ANC-lid sy praatjie gelewer het waartydens hy dit beklemtoon het dat dié party ten gunste van onteiening sonder vergoeding is, het die EFF die verrigtinge ontwrig en blykbaar selfs sekere persone fisies aangerand.