Goue Hoofweg geblokkeer

Oproeriges het die Goue Hoofweg by Johannesburg met brandende bande, klippe en boomtakke versper weens klagtes van ‘n tekort aan water in die aangrensende woonbuurt.

Inwoners van Zakariyya Park daar naby, het ook met protesoptrede begin het oor watertoevoer na hul woongebied. ‘n Woordvoerder van Johannesburg Water sê hulle is daarvan bewus dat die watertoevoer na Zakariyya Park en dele van Lenasia, Vlakfontein en Lehae geraak word, en sê ‘n toename in waterverbruik plaas druk op die reservoir.

Intussen gaan die Charlotte Maxeke Akademiese hospitaal in Johannesburg moontlik sy deure Woensdag sluit weens die skade deur betogende gesondheidswerkers.