Gauteng amptenaar blaas duisende rande

July Maphosa, ‘n direkteur verbonde aan die Gauteng departement van sosiale ontwikkeling, het oor ‘n tydperk van twee jaar geld spandeer op ‘n voertuig en meubels vir sy “meisie”, terwyl verdere geld wat geoormerk was vir families in nood, spandeer is op ritte na Kaapstad in 2014.

‘n Totaal van sowat R500 000 was betrokke in die spandabelrige eskapades.