Franse stakers verlam treinvervoer

Franse spoorwegwerkers het die afgelope naweek weer begin met ’n staking wat treinverkeer in talle gebiede tot stilstand gebring het.

Die werkers maak beswaar teen die linkse president Emmanuel Macron se hervormingsbeleid wat reeds tot vele stakings glei het waarvan die spoorweë en landbou die grootste ekonomiese impak gehad het.

Die spoorwegstaking wat slegs vir Saterdag en Sondag beoog is, word gereeld opgevolg in ’n reeks stakings wat beoog is.

Die woordvoerder van die treindiens sê meer as die helfte van die werkers op die sneltrein roetes het gestaak en baie geskeduleerde treinritte moes afgestel word tot frustrasie van baie reisigers.

’n Woordvoerder van die spoorwegwerkers sê die stakings is beplan om met tussenposes, tot die einde van Junie voort te gaan as die regering nie gehoor gee aan hulle besware nie.

Die werkers sê die hervorming wat Macron beplan vir die spoorweë is ingrypend en  onaanvaarbaar en stakers werk nou slegs drie van elke vyf dae wat Frankryk reeds sowat €46 miljard kos.

Die werkers sê talle personeel sal hulle werk verloor as die president se hervormings deurgevoer word terwyl die werkers deur die Spoorweg Diens gewaarborg is by hulle aanstellings dat hulle nie hulle werk sal verloor nie.