Frankryk in protes teen Macron

Baie duisende Franse het die afgelope naweek in die strate van Parys hulle ontevredenheid met die beleid van president Emmanuel Macron getoon.

Die protes was egter nie net beperk tot Parys nie, want in al die groot stede van Frankryk het duisende kiesers met baniere en slagspreuke hulle misnoeë te kenne gegee met Macron se hervormingsbeleid.

Ewe groot optogte is in Marseilles, Lyon, Grenoble en Montpellier gehou waarby nasionaliste, liberales, vakbonde en landbouers betrokke was.

Honderde plakkate waarop die beskuldiging groot vertoon is dat Macron ’n beleid volg tot voordeel van die rykes in die land.

Waarnemers meen die totale aantal protesteerders was aansienlik meer as ’n miljoen kiesers maar ’n regeringswoordvoerder sê die president gaan hom nie laat stop deur die protesteerders nie.

Een van die organiseerders van ’n optog het glo gesê dit is duidelik dat president Emmanuel Macron arrogant is deur die protesteerders se besware te ignoreer.