Frankryk en Iran werk saam

Die Franse president, Emmanuel Macron, en sy Iranse ampsgenoot, Hassan Rouhani, het besluit om saam te werk om die Internasionale Kern Ooreenkoms staande te hou nadat die VSA besluit het om te onttrek.

Die Iranse leier het gesê hy sal alles moontlik doen om die kern ooreenkoms in stand te hou, en het ’n beroep op Europa gedoen om saam te werk.

Beide Macron en Rouhani is waarskynlik ewe ongewild onder hulle kiesers, en beskik oor weinig invloed in die wêreld, en wat egter die geleentheid wil benut om hul aansien as wêreldleiers te verbeter.

Die Fransman het aan die media gesê hy wil ’n omvattende gesprek voer met die Iranse leier, en het weer bevestig dat die Amerikaanse president ’n “fout” gemaak het deur te onttrek.

Die twee leiers het nog nie ’n datum vasgestel nie, maar het gesê die ontmoeting moet “so gou as moontlik” plaasvind.

Kenners wys daarop dat die ooreenkoms leemtes bevat wat dit vir Iran steeds moontlik maak om kernwapens te ontwikkel, en dit is die rede waarom president Trump een van twee benaderings volg, naamlik om die ooreenkoms te wysig, of om die VSA te laat onttrek.

Iran het egter baie gou gesê daar is geen sprake dat sy land sal inwillig tot ’n nuwe verdrag nie.