Frankryk bied seremonie vir Baske

’n Seremonie het plaasgevind in Frankryk om die formele ontbinding van die laaste militêre veldtog van Baskiese separatiste af te sluit.

Die geleentheid is aangebied in ’n dorpie in die suid van Frankryk waar Baskiese separatiste vir jare in beheer was omdat dit deel van “Baskeland” is waar die ETA sterk verteenwoordig was.

Frankryk het daarmee erkenning gegee aan die 305 voormalige lede van die ETA wat tans in gevangeskap in verskillende tronke van Spanje en Frankryk is.

Die ETA woordvoerder het die afgelope naweek gesê die militêre stryd is verby en hergroepering om op demokratiese wyse onafhanklikheid te kry, sal voortgaan.

Franse woordvoerders het gesê diep wonde is steeds nie genees nie, want in die afgelope 60 jaar is 850 mense gedood in die gewapende stryd.

Die Spaanse eerste minister, Mariano Rajoy, het egter aangedui dat hy geen simpatie toon vir die ETA stryders nie, en hulle sal vervolg tot almal in hegtenis geneem is.