EU verban gifstof wat bye benadeel

Die Europese Unie het ’n verbod geplaas op die verspreiding en gebruik van sekere gifstowwe wat die dood van bye veroorsaak, waarvan drie produkte tans as onkruid bestryders gebruik word.

Die maatreël is ingestel nadat die voedsel waghond organisasie bevind het dat sekere middels op die mark, ’n risiko is vir die voorbestaan van bye.

’n Paneel deskundiges en verteenwoordigers van die Europese Unie bestaande uit 28 lede het verlede week ten gunste van die verbanning gestem.

Die wêreld het meer bewus geword van die voortbestaan van die byebevolking wat die belangrikste element is om bestuiwing te doen sodat die mens se voedselbronne altyd beskikbaar is.

Die moontlikheid dat nog produkte van die rak kan verdwyn in Europa word ’n sterk moontlikheid, en sal waarskynlik wêreldwyd gevolg word om die byebevolking teen uitwissing te beskerm.

Bye is uiters gevoelig vir chemiese gifstowwe wat deur landbouers gebruik word in ’n poging om plae ’n peste te bestry, maar die veldtog om boere wêreldwyd meer bewus te maak van die voordele om sonder spuitstof te werk, is besig om veld te wen en versterk die veilige voorbestaan van bye.