Eskom skors drie bestuurders

Eskom het drie steenkool bestuurders van Kendal, Matla en Hendrina kragstasies geskors terwyl ‘n aankoop beampte gewaarsku is.

Ses van die vyftien kragstasies beleef tans ‘n steenkool tekort en die skorsing hou daarmee verband.  Steenkool word nou geskuif tussen kragstasies om te voorkom dat stasies tot stilstand kom en beurtkrag dalk weer ingestel moet word weens ‘n tekort aan elektrisiteit.

Geen melding word egter gemaak oor die koste verbonde aan die oorplasing van steenkool nie, en daar word verwag dat daardie koste een of ander tyd bekend gemaak gaan word om daarmee Eskom se jaarlikse versoek om belaglike tariefverhogings te regverdig.