Eks-SAID hoof ondersoek vir aanranding

Die afgedankte hoof van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Tom Moyane, word tans ondersoek weens beweerde aanranding van sy seun se 17-jarige vriendin.

Sy het klaarblyklik ‘n gekneusde kakebeen, ‘n sny aan haar gesig en maag beserings opgedoen nadat Moyane haar glo aangerand het.

Die Nasionale Vervolgingsgesag ondersoek die moontlikheid van strafregtelike vervolging teen Moyane.

Foto: Tom Moyane