Eis dat Dan Matjila moet waai

Die UDM het in ‘n skrywe aan die minister van finansies geëis dat die hoofuitvoerende beampte van PIC (Openbare Beleggings Korporasie) of te wel Public Investment Corporation, Dan Matjila, onmiddellik geskors moet word.

Hy het na bewering geld gekanaliseer na ‘n vriendin terwyl die geld geoormerk was vir korporatiewe sosiale beleggings.

Matjila is intern onskuldig bevind maar die UDM bevraagteken die integriteit van die raad rondom sy verhoor.

Indien Nene nie optree nie gaan die UDM die saak na die hof neem.

Foto: Dan Matjila