Eers Merkel, nou Macron by Poetin

Dit lyk asof president Vladimir Poetin se aansien as ’n wêreldleier nog steeds hoog aangeslaan word, want kort nadat die Siriese president Assad die Kremlin besoek het, was kanselier Angela Merkel op die Russe se voorstoep.

’n Week later word aangekondig dat die ongewilde Franse president, Emmanuel Macron, ’n reis begin het om die Russiese president te spreek.

Dit is merkwaardig dat Macron net soos kanselier Merkel, gemeenskaplike belange met Rusland wil ondersoek en bespreek.

Van belang is die internasionale aangeleenthede waarvan die kern ooreenkoms met Iran waarskynlik die belangrikste saak op die sakelys is.

Poetin het in ’n verklaring gesê daar is meer as 500 Franse maatskappye in sy land, wat ’n belangrike ekonomiese saak is wat beide lande direk raak.

President Poetin openbaar ’n goeie gesindheid teenoor die Europese leiers in die hoop dat die EU sanksies opgehef word.