Ebola versprei steeds verder

Die uitbreek van Ebola in die Demokratiese Republiek van die Kongo het skerp toename getoon nadat die eerste geval aangemeld is.

Sedertdien het die aantal aangemelde gevalle tot 19 vermeerder binne drie dae, en dokters vrees dat dit daar veel meer gevalle is in die onherbergsame plattelandse gebiede waar die kommunikasie verbindings uiters swak is.

Die Wêreld Gesondheid Organisasie (WGO) van die Verenigde Nasies het die naweek gesê die Kongo is nou ’n hoë risiko gebied wat liefs vermy moet word.

Die WGO sê daar is reeds 45 gevalle van besmetting waarvan net 14 bevestigde gevalle is, maar 25 mense het al beswyk weens besmetting.

Gesondheidsbeamptes beweer dat daar reeds meer as 550 mense is wat kontak gemaak het met besmette gevalle, wat beteken dat die hoogs aansteeklike toestand blitsvinnig versprei het en reeds buite beheer geraak het.