Durban paaie onbegaanbaar

Polisie het motoriste aanbeveel om van alternatiewe roetes gebruik te maak siende dat Bellair Weg en Jan Smuts Hoofweg gesluit is weens protes deur plakkers.

Ongeveer 200 plakkers het paaie versper met bome en oudergewoonte brandende bande.

Die plakkers kom vanuit die nabygeleë Cato Crest “informele woonbuurt”.  Mense sterf glo weens “onwettige krag aansluitings”, maar dit is immers die gemeenskap self wat die aansluitings maak, en nou betoog hul daarteen as dit ‘n skokkende uitwerking het op hulle.