Duitsland se vlieëniers verloor lisensies

Een uit elke tien weermag helikopter vlieëniers van Duitsland verloor hulle vlieglisensie weens ’n tekort aan vliegure wat rooi ligte laat aangaan vir die weermag.

Die ontstellende hiervan is dat dit die land se slaankrag nadelig raak en kan ook ’n negatiewe uitwerking hê op Navo wat sterk steun op die effektiewe samewerking van Duitsland.

Die bevinding het verdere skokgolwe gestuur deur die kieserskorps wat nou besef dat iets ernstig skort in die Duitse weermag aangesien daar ook onlangs bevind is dat die vegvliegtuie van die land nie in behoorlike toestand is nie.

Gedurende 2017 het meer as tien persent van die helikopter vlieëniers hulle lisensie verloor wat waarskynlik ’n gebrek aan dissipline kan toon, maar word waarskynlik toegedig aan ’n begrotingstekort wat terug reflekteer na die parlement.

Die minister van verdediging het in die parlement gereageer en gesê 19 van die 129 helikopter vlieëniers het hulle lisensies in 2017 verloor.