Drie lande bereik kernkrag ooreenkoms

Sjina, Japan en Suid-Korea het sedert 2015 weer ’n gesamentlike vergadering gehad waartydens die drie lande se leiers ’n ooreenkoms bereik het oor die beëindiging van Noord-Korea se kernwapen program.

Die drie leiers het met die gesamentlike ooreenkoms, ’n kragtige boodskap van eensgesindheid gestuur aan Noord-Korea om sy kernprogram te staak ter wille van wêreldvrede.

Die drie land het ook sekere besluit geneem oor hulle onderlinge handel met mekaar te midde van die VSA se beleid om invoerbelasting te hef teen Sjina.

Die drie lande se leiers het Woensdag byeengekom om druk toe te pas op die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong-Un, om af te sien van sy kernprogram.

Japan se eerste minister, Shinzo Abe, het saam met president Moon van Suid-Korea en die Sjinese eerste minister, Li Keqiang, samesprekings gevoer oor ’n toekomstige handelsooreenkoms vir die streek.