Dominikane knoop betrekkinge aan met Sjina

Die Dominikaanse Republiek  het sy diplomatieke verbintenis van 77 jaar met Taiwan verruil vir ’n nuwe verbintenis met die kommunistiese Sjina.

Die nuwe ooreenkoms is ’n verdere beweging van ’n aantal kleiner nasies wat volgens die Sjinese regering, alles deel van sy magsbasis is.

Die regering van die Dominikaanse Republiek het Maandag aangekondig dat hy bande met Taiwan verbreek het en ’n formele verhouding met Sjina is aangegaan.

Die Dominikaanse Republiek is daarmee die jongste land wat sy diplomatieke verbintenisse verruil om deel te vorm van Sjina as ’n soort renegaat-eiland.

In ’n amptelike verklaring wat deur die regering uitgereik is word verklaar dat die stap gedoen is met die oog op ’n beter toekoms vir die land en sy mense deur in te skakel by die Volksrepubliek van Sjina.

Die Sjinese minister van buitelandse sake, Wang Yi, en die Dominikaanse eweknie, minister Miguel Vargas, het die diplomatieke ooreenkoms Dinsdag in Beijing gesluit.

Politieke ontleders wys daarop dat die kommunistiese regering van Sjina klaarblyklik voldoende druk op die klein republiek gesit het wat in wese ’n bloedlose oorgawe van ’n soewereine staat is.

Vroeër het Taiwan miljoene dollar as skenkings oorbetaal aan die Dominikaanse Republiek, wat waarskynlik op ’n ander wyse deur Sjina gebied sal word.

Foto – Sjina se minister Wang Yi  en minister Miguel Vargas