Doktors weerhou van werk

Protesoptrede by die Tshepong Hospitaal het op weereens gelei tot die verhindering van mediese personeel om die hospitaal te betree.

Die vakverbond Nehawu en sy lede  het reeds twee maande gelede begin met stakings in die Noordwes provinsie oor lae salarisse en ‘n tekort aan gesondheidspersoneel.

Die mentaliteit van werkers, wat geen empatie het met persone wat mediese behandeling moet ondergaan nie, is onverstaanbaar volgens beskaafde standaarde, maar word in Suid-Afrika as aanvaarbare gedrag beskou.

Intussen het die Steve Biko hospitaal in Pretoria skynbaar besluit om Klerksdorp se voorbeeld te volg.

Brandende bande en gemors voor die ingang van die hospitaal gegooi en is toegang tot die hospitaal verhoed.