Dokters en verpleegsters uitgejaag

Medici en verpleegsters is deur stakende werkers uit die Tshepong hospitaal in Klerksdorp gejaag.

Dit volg na die staking deur werkers van die National Education, Health and Allied Workers Union (NEHAWU).

Cyril Ramaphosa het die Noordwes gesondheidsdiens onder administrasie geplaas en Nkosazana Dlamini-Zuma is aangestel om vas te stel wat die probleme aldaar is.

Siniese waarnemers sê dalk sal daar beet en knoffel ingevoer word om die pasiënte te help aangesien die dokters nie toegelaat word om hul werk te verrig nie.