Dieselskandaal beloop 25 miljard

Die oortredings van Volkswagen met sy dieselskandaal se eise kos die Duitse motorvervaardiger reuse bedrae en word die voormalige hoofuitvoerende beampte, Martin Winterkorn, ook vervolg vir sy aandeel in die saak.

Die voormalige hoof het in September 2015 bedank nadat die eerste skote geklap het in verskillende Amerikaanse deelstate vanwaar baie eise later ontstaan het.

In die afgelope drie jaar het Volkswagen, die grootste motorvervaardiger in Europa, reeds meer as 25 miljard euro uitbetaal, en dit blyk nog nie die einde te wees nie.

Een van die ooreenkomste wat aangegaan is, is ’n massiewe terugkoop program wat deel uitmaak van die totale aantal eise wat ingestel is.

Die terugkoop program behels dat sowat 85% van voertuie wat betrokke is teen Junie 2019 teruggekoop moet word en Volkswagen het aangedui dat hy gereed is om die vereistes na te kom.

Verlede jaar het ’n onafhanklike toets getoon dat die meeste motorvervaardigers hulle skuldig gemaak het aan dieselfde oortreding, maar nie vervolg is soos wat met Volkswagen gebeur het nie.