Departement van Water in chaos

Die nuut aangestelde minister van Water en Sanitasie, Gugile Nkwinti, het erken dat die departement in ‘n gemors is.

Die parlement se portefeuljekomitee van water en sanitasie het die departement beskryf as ‘n  “ineengestorte”  departement.

Nkwinti het beloof dat hy in die volgende 12 maande sal poog om die “vloer” skoon te vee van al die gemors.

Die groot probleem word voor die deure gelê van entiteite soos Sasol, Eskom en mynmaatskappye, wat bykans R2,5 miljard skuld aan die departement terwyl munisipaliteite R4,2 miljard agterstallig is en waterrade R3,6 miljard.

Foto: Gugile Nkwinti