Columbië hou eindelik verkiesing

Vyf belangrike kandidate het aangekondig dat hulle beskikbaar is in die verkiesing van Columbië wat die eerste stemming sal wes sedert die vredesooreenkoms na 50 jaar van binnelandse konflik.

Die konserwatiewe kandidaat, Ivan Duque, is volgens die meningspeilings, die sterkste en grootste gunsteling onder die kiesers, maar sy oorwinning in die eerste stemming beteken dat hy nou gereed moet maak vir die tweede rondte.

Die kandidaat wat die tweede grootste aantal stemme gekry het in die eerste rondte, die verlinkse Gustavo Petro is Duque se opponent in die tweede rondte op 17 Junie.

Die 41-jarige Duque is ’n voormalige senator het 39% van die stemme getrek teenoor die linkse Petro se 25%, maar die persoon wat derde geëindig het, het 24% gekry en is ook ’n linkse kandidaat, wat beteken dat Petro dalk sy steun kan kry in die tweede rondte.

Die nuwe president sal eers in Augustus ingehuldig word om die daarna die kabinet saam te stel.

Foto – Ivan Duque