Columbië betree internasionale arena

Columbië is waarskynlik die derde land in Latyn Amerika om deel te word van die Parys-gebaseerde ekonomiese groep nadat die land se president aangedui het dat hy hoë lof het vir die lidlande en sy land wil moderniseer.

Die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling (OECD) het die afgelope naweek ’n amptelike uitnodiging tot Columbië gerig om aan te sluit.

Die organisasie wat in 1961 gestig is, het aanvanklik gekonsentreer op industriële lande om lid te word, maar in die afgelope dekade is lidmaatskap verbreed .

In ’n amptelike verklaring het die president ook bekend gemaak dat Columbië ook gaan toetree as lid van Navo, en word daarmee die eerste Suid-Amerikaanse staat wat die belangrike skuif maak.

President Santos het gesê die lidmaatskap van Navo sal sy land se beeld in die internasionale arena verbeter, te midde van die ander voordele wat lidmaatskap bied.

Foto – President Juan Manuel Santos