Clanwilliam damwal verhoog?

Na die vermorsing van bykans R100 miljoen het die Departement van Water en Sanitasie aangekondig dat die verhoging van die Clanwilliam damwal weer op die tafel is.

Soos voorheen berig, is bykans R100 miljoen vermors oor ‘n tydperk van twee jaar weens verskille en onenigheid tussen die Departement van Waterwese en die plaaslike regering in die Wes-Kaap rondom die damwal se verhoging.

Daar is egter nie gesê hoe lank die proses gaan neem voor voltooiing nie.  Die dam se watervlak is tans onder 5% en toestande is ideaal om die konstruksieproses te begin.