Chaos is ekonomiese sabotasie

Ekonome het gewaarsku dat die Mooirivier chaos grens aan ekonomiese sabotasie wat ‘n groot impak op SA se vermoë kan hê om plaaslik en internasionaal handel te dryf.

Die sluiting van die paaie by die tolhekke het verkeer ernstig ontwrig en aflewering na die Durbanse hawe is erg ontwrig.

Die ekonoom, Dawie Roodt, waarsku dat beleggers hul vertroue kan verloor om in SA te belê as eiendom vernietig word.

Die situasie by Mooirivier is intussen weer terug na normaal, alhoewel die padoppervlakte erge skade opgedoen het weens die geweldige hitte wat deur die byna twintig brandende vragmotors veroorsaak is.

In Oos-Transvaal is egter nog ‘n bus van die Buscor-maatskappy naby Nelspruit aan die brand gesteek, en is dié maatskappy se vierde bus wat hulle verloor omdat van hulle bestuurders nie aan die landwye busstaking deelneem nie.

Foto: Dawie Roodt