Cele roep 269 beamptes op

In ‘n “poging” om bendegeweld en misdaad in die Wes-Kaap op te los het Bheki Cele, minister van polisie, 269 polisie beamptes vanuit ander provinsies in die gebied ontplooi. Hulle moet glo verdagtes opspoor in uitstaande sake en meer padblokkades gaan opgestel word.

Die vraag ontstaan egter of daar genoeg opgeleide personeel is om misdaad sake te hanteer.  In die verlede is die sake deur speurders hanteer wat reeds ‘n pad in die mag geloop het. Polisiestasies met personeel wat skaars kan lees en skryf is van die probleme waarmee die polisie sit.

Sou “onopgeleide” persone nou ontplooi word om ingewikkelde sake te hanteer is die aksie reeds gedoem, waarsku kundiges.

Foto: Bheki Cele