Busstaking in derde week

Die nasionale busstaking het sy derde week ingegaan met grootskaalse ontwrigting vir pendelaars.

Intussen het werkgewers ‘n ultimatum uitgereik rondom die staking en ‘n finale aanbod van ‘n 8% verhoging nou, en 8,5% volgende jaar, gemaak maar is nie bereid om nagskof gelde te betaal nie.  Die unies is tyd gegee tot Woensdag om die nuwe aanbod te aanvaar. Die Padpassasiersbedingingsraad, wat busmaatskappye verteenwoordig, sê die verhoging van 9,5% wat busbestuurders eis, is onbekostigbaar.

‘n Bus wat internasionale toeriste vervoer, is ook onder klippe gestook op hul tog vanaf ‘n wyntoer na die Kaapse lughawe, en is beslis geen goeie vertoonvenster vir die buitelandse toerisme nie. Die busbestuurders staak reeds bykans twee weke oor salarisverhogings.