Burgemeester deur Valke ondersoek

Die Durbanse burgemeester, Zandile Gumede, word tans deur die Valke ondersoek vir beweerde geldwassery, bedrog en korrupsie.

Sy het na bewering geld betaal aan persone wat haar gehelp het met haar politieke ambisies.

Boonop is 800 chemiese toilette glo gehuur teen ‘n bedrag van R25 miljoen.

Die ouditeur-generaal se amptenare moes die afgelope week hulself onttrek aan ondersoeke by stadsraad nadat hulle doodsdreigemente ontvang het.

Foto: Zandile Gumede