Brasilië slaan toe op pornografie

In slegs een dag het Brasilië se veiligheidsmagte 578 mense in hegtenis geneem wat betrokke is by kinderpornografie en seksuele misdrywe teen minderjariges.

Misdaad deskundiges sê dit is waarskynlik die grootste poging wat ooit in die wêreld uitgevoer is, maar is beslis die grootste veldtog wat in Brasilië gedryf is.

Brasilië het die operasie, “Lig op kinders -2” met sukses uitgevoer en is ’n opvolg van hulle eerste poging wat verlede jaar in Oktober plaasgevind het en waartydens 112 mense gearresteer is.

Meer as 2 600 polisiebeamptes het aan die operasie deelgeneem in 24 van die land se 26 deelstate, en is die hoofstad ook deursoek waar talle mense gevange geneem is.

Die reuse operasie was gekoördineer deur die nuut opgerigte Ministerie van Publieke Veiligheid onder leiding van die voormalige minister van verdediging, Raul Jungmann.

Hy het aan die media gesê die moontlikheid bestaan dat die getal wat in hegtenis geneem is, kan verder styg wanneer al die deelstate se verslae ontvang is.