Brandende gebou in Brasilië eis lewens

In Brasilië het ’n 26 verdieping gebou in vlamme opgegaan  nadat ’n brand in en van die kompartemente ontstaan het, en het uiteindelik die lewe van minstens twee mense geëis.

Die gebou in San Paulo was eers ’n kantoor kompleks maar is later omgeskakel in ’n aantal woonstelle waarin werkende mense gewoon het.

Swaar rookwolke het die gebied oorheers en vlamme wat meters hoog gelek het, het veroorsaak dat die hele struktuur in ’n kort tyd inmekaar getuimel het.

’n Amptelike ondersoek is gelas na die oorsaak van die brand, en waarnemers sê die gebou was reeds voorheen as onveilig verklaar.

Die grootste aantal van die 150 mense wat in die gebou gewoon het, was nie teenwoordig toe die brand ontstaan het nie.

Waarnemers beweer die gebou is deur leeglêers bewoon in die metropool waar bykans 20 miljoen mense bly.

Een van die geboue langs die brandende een het ook brandskade opgedoen maar die brandweer kon betyds keer dat dit nie groot skade veroorsaak nie.