Bosnië in grondwetlike krisis

Bosnië-Herzegowina beleef weer ’n politieke krisis, maar hierdie keer is dit van grondwetlike aard en kan lei tot ernstige verdeeldheid.

Die verkiesingswette moes glo lank tevore reeds verander gewees het, maar niks is daaraan gedoen nie terwyl ’n algemene verkiesing in Oktober plaasvind.

Kenners sê die land is in dieselfde gemors as om dit te waag om in ’n bouvallige huis te woon, dit is te gevaarlik.

In twee van die federale state en die deelstaat waarin die president verkies moet word, bestaan daar foute in die verkiesingsprosedures wat reggestel moes word, maar nie gedoen is nie.

Die bepalings moet verander word deur die Grondwetlike Hof, maar die politieke leiers wil nie die aangeleentheid afhandel voor die aanbreek van herfs nie, wat beteken dit is te laat vir die Oktober verkiesing.

Dit blyk dat kiesers die verkiesing kan boikot en opposisiepartye het reeds laat deurskemer dat die verkiesing ontwrig kan word.

Diplomate het intussen gesê hulle sien geen uitweg om die krisis op te los voor die Oktober verkiesing nie, wat beteken dat die land se krisis nog gaan vererger.